NUWE LEWE SENTRUM

VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD

This image has an empty alt attribute; its file name is NLS-LOGO-01.png

ONS STORIE

This image has an empty alt attribute; its file name is NLS-LOGO-01.png

Die Volle Evangelie Kerk in Oos Londen

Ons gemeente wat bekend staan as Die Nuwe Lewe Sentrum, en deel is van die Volle Evangelie Kerk van God in Suid Afrika, is reeds in 1958 deur Past. Alex Tompson begin in ‘n saaltjie wat hulle in Vincent straat gehuur het. Die nuwe gemeente het aanvanklik bestaan uit Past. Tompson, sy vrou en hulle twee kinders. Van daar het die gemeente gegroei en is nou reeds 66 jaar lank deel van die Christen Gemeenskap in Oos Londen. Gedurende daardie tyd is die gemeente bedien deur sewe leeraars en twee mede-leeraars.

Soos elke dinamiese organisasie het die gemeente ook deur fases van uitdagings en groei gegaan en is die Nuwe Lewe Sentrum trots op die werk wat gedoen is en die wonderlike kompleks wat in Chiselhurst staan. Die huidige leierskap het ten midde van moeilike omstandighede besluit dat God steeds ‘n plan het vir die gemeente in die gemeenskap en het hierdie jaar met vars entoesiasme ingegaan. Ons vertrou die Hemelse Vader vir ‘n vars salwing op die werk wat ons doen in gehoorsaamheid tot die groot opdrag in Mattheus 28:19.

Ons glo ook dat dit Christus is wat Sy gemeente bou (Mattheus 16:18) en elke persoon wat bedoel is om in hierdie bedienning hulle bydrae tot die Koninkryk van God te maak, Sy roeping sal gehoorsaam (Romeine 12:5-9). Ons begeerte is om met ‘n vars benadering die gemeente se nalatenskap te eer en met ‘n relevante aanslag ‘n positiewe impak op Oos Londen en haar mense te hê. Hierin ervaar ons ‘n groot mate van dringendheid omdat ons glo dat Sy wederkoms voor die deur is (Openbaring 22:12).

Vandaar ons visie stelling: ”Om elke mens aan te moedig tot ‘n dieper verhouding met God.”

Alex Tompson stig die gemeente in 1958

Die bou prosess van die kerk.

KORT GESKIEDENIS VAN DIE VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD IN SUIDER AFRIKA

As gevolg van verspreide herlewings gedurende die negentiende eeu in die V.S.A, Britanje en ook in Suid Afrika waar die uitstorting van die Heilige Gees oor mense kenmerklik was het kerk organisasies, gemeentes en individue ‘n sterk sending visie ontvang en die Pinkster boodskap vinnig versprei. Een so person was George Bowie wat deur die Bethal Pentecostal Assembly in New Jersey, VSA gestuur is na Suid Afrika om die Evangelie te kom verkondig en spesifiek die pinkster herlewing kom ondersteun. In April 1910 stig hy dan die Pentecostal Mission wat uiteindelik die Volle Evangelie Kerk word. Van daar het die Volle Evangelie Kerk die Evangelie uitgedra na die res van Afrika sovêr as die destydse Kongo.

In 1951 amalgemeer die Volle Evangelie Kerk met die Church Of God in Cleveland, Amerika wat vandag in 162 lande verteenwoordig word. Die naam van die kerk verander as gevolg van die amalgamasie na Die Volle Evangelie Kerk van God in Suider Afrika. Die eenwording is vandag nog in plek en is Die Volle Evangelie Kerk van God sodoende wêreldwyd verteenwoordig.

Vandag is die Volle Evangelie Kerk van God in Suider Afrika 1500 werkers sterk met 828 gemeentes en nagenoeg 350 000 lidmate in Suid Afrika. Sedert 1997 is die kerk ‘n rasgeintegreerde kerk met een geintegreerde struktuur wat vanuit Irene, Pretoria funksioneer.

ONS SPAN

Monica Strydom
Presiderende Ouderling

Antionette Wentzel
Dames en Liefdadigheid

Gwendoline Swanepoel
Administrasie en finansies

Kobus van Zyl
Diens logistiek

Martin Swanepoel
Infrastruktuur en onderhoud

Raymond Dye
Ondersteuning

ONS MISSIE

Om ‘n gemeenskap van gelowiges te wees wat aanhoudend, gesamentlik en individueel, groei in hulle verhouding met God deur:

Om in alles deur die liefde van Christus gelei te word,

Persoonlike studie van die Woord en gebed,

Gereeld kontak met die gemeente te hê en;

Elkeen sy bediening ontwikkel.

Om ‘n gemeenskap te wees wat mekaar onderling ondersteun en aanmoedig om in hulle verhouding met God te groei deur:

Mekaar lief te hê met Christus se liefde as voorbeeld,

‘n Voorbeeld te wees vir mekaar in toewyding aan God,

Vir mekaar om te gee,

Mekaar te bedien met die gawes soos deur die Heilige Gees ontvang.

Om  na die breër gemeenskap, buite die gemeente, uit te reik en aan te moedig om in hulle verhouding met God te groei deur:

‘n Voorbeeld te wees van ons saligheid in handel en wandel,

Bereid te wees om op praktiese maniere ‘n verskil te maak,

Om mee te maak aan uitreikings en evangeliesasie aksies,

Om mense tuis te laat voel waneer hulle besluit om die gemeente te besoek.

 

ONS WAARDES

Die roeping van die kerk soos in Matt28:19

Suiwer leerstelling in ooreenstemming met die van die Volle Evangelie Kerk van God

Aktiewe betrokkenheid van die Heilige Gees in elke Christen se lewe 

Alle mense met agting en respek hanteer en die geleentheid gebied word om die Evangelie te hoor .

Toegewyde lewenstyl wat getuig van die reddende krag  van die Evangelie

Onderlinge verantwoordbaarheid. 

GELOOFSBELYDENIS VAN DIE VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD IN S.A.

Die Goddelike inspirasie van die Bybel, die Heilige Skrif

Een God, ewigdurend bestaande in drie persone nl. Vader, Seun en Heilige Gees

Die Here Jesus Christus, die Eniggebore Seun van die Vader, wat ontvang is van die Heilige Gees gebore uit die maagd Maria, gekruisig en begrawe is, wat opgestaan het uit die dode, opgeneem is na die Hemel en nou aan die regterhand  van die Vader as Middelaar sit.

Die Duiwel of Satan: ‘n werklike persoon; oorspronklik ‘n geskape wese wat as gevolg van sy oortreding uit die teenwoordigheid van God verwerp is en nou die vyand van God en mens en elke ware gelowige is

Sonde: die val van die mens en sy verlore toestand van nature

Bekering tot God

Wedergeboorte of die Nuwe Lewe en die doop van die gelowiges deur die Heilige Gees in die Liggaam van Christus

Versoening tussen God en mens

Verlossing deur die bloed van Christus

Regverdigmaking deur geloof in die Here Jesus Christus

Waterdoop van die gelowige deur enkelvoudige onderdompeling

Restitusie

Die gelowige se belydenis van sonde

Heiligmaking en heiligheid

Die inwoning deur die Heilige Gees in die gelowige

Die doop van die gelowige in die Heilige Gees en die aandoening van krag vir getuienis en diens deur die verrese verheerlikte Christus, as belofte van die Vader

Die uiterlike teken van spraak in ander tale soos die Heilige Gees gee om uit te spreek, as aanvanklike Skriftuurlike bewys van die gelowige se doop in die Heilige Gees

Die negevoudige vrug van die Heilige Gees in die lewe van die wedergebore gelowige

Die negevoudige openbaring van die Heilige Gees en die volle charismatiese toerusting van die gelowige met geestelike gawes vir diens

Skriftuurlike genesing van die liggaam deur Goddelike krag

Die Nagmaal

Die kerk as die uitverkore gemeenskap van wedergebore gelowiges in die Here Jesus Christus

Die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus om Sy opgewekte en verheerlikte Kerk in die lug te ontmoet.

Die groot verdrukking aan die einde van hierdie tydsbedeling

Die duisendjarige vrederyk van die Here Jesus Christus onmiddelik na die groot verdrukking

Die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde waarin geregtigheid woon

Die ewige straf van die goddelose

Kontak Ons

Kaart